Klawerberg en Vriende Veiling 16 Maart 2024

 

Kopers en verkopers

Welkom by Klawerberg Stud Game Breeders

Ons is baie Opgewonde om die Goeie Nuus met almal te deel!!.

In 2024 bied Klawerberg Stud Game Breeders ons tweede van vele jaarlikste wildsveilings aan. Hierdie wildsveiling beloof om weereens een vir die boeke te wees.
Ons het hande gevat met van Namibie se Beste Gehalte Stoet Wildstelers en beloof om net kwaliteit genitika vir elke mark ten toon te stel op die veiling.

Hou asseblief Saterdag, 16 Maart 2024 om 12:00 oop in jou dagboek. Dié veiling word by die Midgard Country Estate in Okahandja, Namibië, gehou en dit sal beslis
‘n spesiale geleentheid vir almal wees. Kom kuier gerus die hele naweek saam met ons om die kampvuur, wat reeds Vrydagaand om 18:00 begin.
Ons sal musiek en lekker kos voorsit, en dit sal ‘n wonderlike kans wees om mekaar beter te leer ken!

Bespreek en betaal sommer vir jou en jou gesin n kamer as julle wil oorslaap by Midgard Country Lodge hier op ons webtuiste!
Ons het n spesiale tarief ge-onderhandel vir al ons gaste!

Klawerberg Stud Game Breeders is in ‘n pragtige area van Namibië geleë, net 150 km vanaf Windhoek. Die vlaktes laat mens besef hoe ongelooflik dit is om deel te wees
van die bewaring en teling van die wildbedryf. Daar is iets besonders aan die natuur wat moeilik onder woorde gebring kan word, veral wanneer ‘n dier
soos ‘n kameelperd of waterbok die watergat voor die huis kom besoek.

By Klawerberg Stud Game Breeders wil ons graag ‘n nalatenskap van ryk plant- en dierelewe nalaat, en ook voortreflike dieregenetika skep
om weer terug te ploeg in die wild in. Op hierdie manier sal ons erfenis en natuurlewe bewaar word.

Die Klawerberg & Vriende Veiling 2024 sal weereens van die beste kwaliteit genetika aan die mark bied. Dit beteken dat boere en jagters wat dit nodig het
dit teen ‘n goeie prys sal kan kry. Daar sal beslis iets vir ieder en elk wees, saam met heerlike musiek, braaivleis geure en n lekker koue bier om die veiling mee af te sluit.