Die bos was nog altyd in Jana Meyer se bloed.
Natuurbewaring bruis in haar are.
Vandag is dié dapper ystervrou een van net h handvol
wat wildbewaring vanuit ‘n helikopter doen. Sy word
ook gereken as die enigste vrou in die land wat oor
toerusting beskik om in die nag bewaringswerk te kan
doen.
“Dit het spreekwoordelike bloed, sweet en trane
geverg sodat ek as vrou in ‘n dominante mansbedryf
gerespekteer en vertrou kan word.. Die skeptisisme is
soms steeds daar, veral as mense nie vertroud is met
jou vaardighede nie. Dit is asof mense nie kan kop dat
‘n vrou kan doen wat ek doen nie” vertel Meyer
Maroela Media het Meyer by haar vliegtuigstoor op
Hoedspruit, Limpopo, besoek. Binne is h klein
sitkamer, kombuis, slaapkamer en badkamer. Meyer
noem dit haar “huis weg van die huis”
“Ek wil graag naby my helikopter wees sodat ek
onmiddellik kan reageer indien iemand my dienste
benodig.
Lees meer op Maroela Media